As die tweede
wêreld oorlog ook deur industriële aspirasies gedryf was, wat sal die
industriële aspirasies van ons moderne tyd vir ons bring? Dit laat my ook dink wat die Christen te doen
staan. Voor die Eerste en Tweede Wêreld Oorlog was
die gees van materialisme ook gedryf tot ‘n hoogtepunt. Dit blyk dat die 19de eeu was ‘n uiters
materialistiese eeu. In ‘n sekere sin
selfs meer as die 20se eeu. Uit die
20ste eeu was daar vooruitgang in Christelike denke, maar die vervolging en onderdrukking van Christen denke het
nie minder geword nie. C.S. Lewis het met reg
gesien dat die vervolging van akademiese Christene na sy tyd groter gaan word ongeag die besondere
belangstelling in die Christendom wat dit voorafgegaan het. Die aard van hierdie insig laat my wonder of
die wonder van die Christendom nie tog die inleiding tot die koms van die ware
Bruidegom van sy kerk sal wees nie? Dit is nie of
God ons ooit alleen gelos het nie. Die
teenwoordigheid van God in sy skepping van die begin af is duidelik sigbaar in
die werke van sy hande en dit kan beswaarlik ontken word.
Die wonder van
die moderne Christendom is die feit dat die vrae wat nog altyd deur enige
moontlike logiese en irrasionele teenstand gebring kan word is reeds geantwoord en word weer
en weer geantwoord - op nuut ontdek... God dank vir die
wonder dat die evangelie deur die geslagte weer en weer ontdek kan word. Dit is
nie of die wêreld net vir een keer God ontdek en dan glo ons asof ons dit van
daardie tyd af in ons genetika opgeneem is nie.
Die fisiese liggaam is 'n
objek van struikeling as dit aanbid word en die fokus van ons bestaan word. Die
skoonheid van ons bestaan is geleë in die wonder van ons gedagtes en die
betekenis wat ons aan goed gee, terwyl ons nuwe dinge skep. Die
natuur op sy eie gee eenvoudig aan niks betekenis, dit is net daar... Die begrip "’n toestand realiseer ten
koste van alle ander moontlikhede" is 'n logiese onmoontlikheid vir die
natuur alleen want dit impliseer ‘n totaal onafhanklike observeerder. In die natuur, op sy eie beskou, is daar is geen
bewussyn van “enige ander moontlike toestande” wat nog te sê van “alle moontlike
toestande”. Dit is waarom die uniforme
verloop van die natuur geen betekenis binne die natuur self het nie. Die natuur op sy eie is eenvoudig maar net - toestande. Selfs wat ons as die verloop
van tyd beleef is net toestande, want sonder ‘n bewussyn kan dit nie ervaar
word as iets anders as "enige moontlike" konfigurasie van materie nie. MAAR, met 'n nie-materiële bewussyn van enige
aard in 'n verhouding, van enige aard, met die natuur, begin dinge totaal
anders lyk.
Daar is moontlik
'n struktuur tot uitsluiting van alle ander strukture in die natuur wat met 'n
sekere tipe nie-materiële bewussyn 'n soort identiteitsverhouding deel... (soos ons fisiese liggaam.) Maar
dit is nie die interessante deel van die vraagstuk nie, want daardie
noodsaaklike konfigurasie in die natuur is ook maar net ‘n toestand. Sonder ‘n
nie-materiële bewussyn kan dit eenvoudig nie na "dit self" verwys nie. Dit kan steeds deur 'n generiese bewussyn
ervaar word en moontlik ook die tipe bewussyn wat “verkies” om saam met ‘n
spesifieke konfigurasie in 'n verhouding met die natuur staan – soos ons
bewussyn wat ons fisiese liggaam meeste van die tyd vergesel. Toets dit deur vir jouself te vra hoe maklik dit
is om oor enige konfigurasie van jou "eie" liggaam te praat, bloot as 'n onafhanklike observeerder
daarvan. Dit is dus nie nodig om voor te
gee dat ons bewussyn totaal afhanklik van ons liggaam is nie. Ons praat selfs van ‘n onderbewussyn juis
omdat daar fisiese toestande is wat ons nie belangrik ag en ignoreer. Ons liggaam verloor grootliks kontak met ons
bewussyn elke keer as ons gaan slaap.
Die grootste skoonheid van ons bestaan is in
ons bewussyn en is nie fisies nie maar wel, inligting, abstraksies, betekenis, kennis,
liefde, vertroue, geloof, vergiffenis, berou, skoonheid, tegnologie, ontwerpe, algoritmes ens.
Nie een van
hierdie lys van bewuste toestande het enigsins ‘n fisiese self-verwysing nie, want
dit is logies uitgesluit – ‘n toestand in die natuur kan eenvoudig nie na dit
self verwys nie – selfs al is daar vele toestande in die natuur wat in ‘n
kwantum verstrengeling bestaan, verwys dit steeds nie na dit self nie (...
sonder ‘n bewussyn wat soek vir enige simmetrie, insluitende kwantum verstrengeling,
is kwantum toestand A nie onderskeibaar van kwantum toestand B nie – die natuur
“IS” maar net, as jy ‘n bewussyn sou wou weg neem.)
Hierdie gedagtes
vorm die basis van my oproep tot die totale verwerping van enige irrasionele
materialisme en sinlikheid wat selfs deur die Apostel Paulus, ook in soveel woorde
uitgewys is as die vyand van ons saligheid en verhouding met God – “Leef nie na
die vlees nie maar na die gees”. Dit is vir my duidelik dat die rede vir die
boosheid in die wêreld is in die hart van die siel met sinlike verheerliking
van die mens en die skepping bo die Skepper self. Dit is die aard van die sonde en rebellie
teen God wat aan die einde van die dae volkome verwyder gaan word uit God se
teenwoordigheid uit.
Persoonlik dink
ek dat ons vir ‘n ewigheid op nuut vir God kan ontdek, want anders as wat
reduksionistiese materialisme wil voorgee, is daar nie ‘n basis beskrywing van
alle moontlike toestande nie, want die tipe betekenis wat God self aan sy
handewerk gee kan vir ‘n ewigheid ontdek word.
Ek hoop regtig ons vind sekere basis verwantskappe tussen kwantum toestande,
gravitasie en tyd, want dan kan ons eenvoudig aanhou om te vertrou dat God
daardie verwantskappe sal onderhou op ‘n manier wat sin maak, al hoef dit nie
konstant te bly nie, sal God konstant bly.
Ons gaan moontlik leer hoe om gravitasie te manipuleer tot so ‘n mate
dat ons die tyd-ruimte struktuur van die heelal kan buig om meer en meer te
ontdek van wat God gemaak het. Ons gaan
dinge kan sien en bestudeer wat nog nie eens in ons gedagtes opgekom het
nie! Die sekerheid van die aard van ons
bestaan in God se teenwoordigheid is soveel groter as enige van die kleinlike
konsepte van materialisme. Daar is geen einde aan sy grootheid nie!
Hoe kon die
ontdekking van God se getroue bestuur van die ganse heelal in verstaanbare
meetbare toestande, ons gebring het by materialisme? – Dit is nie ‘n nuwe vraagstuk hierdie nie... Van die vroegste tye af verheerlik die mens die natuur se
betroubare gedrag in plaas van die Een wat dit gemaak het. Die mens se aard om homself en die natuur te verheerlik
in plaas van die Skepper is baie oud.
Dit is ‘n oer rebellie wat tot ‘n einde sal kom as Christus weer kom.
Kom Here Jesus,
ja kom weer!
No comments:
Post a Comment