Wat doen ‘n mens
as jy agterkom dat die meeste mense met wie jy te doen het se oorlewingsinstink
is in werklikheid, willens en wetend, hulle primêre dryfveer? Dit is iets wat
my bang maak, tot die mate dat ek myself kan sien in ‘n toestand van oorlewings
gedrewe instinkte. Ek kan sien hoe die
beste en mooiste gedagtes uit my wese verban word ter wille van oorlewing – dit
is nie mooi nie en ook nie bedoel vir ‘n volgeling van Christus nie. Wat doen
‘n mens om te help dat ander mense ook die hoogste verwagtings primêr stel?[1] Wat is die hoogste verwagting?
Ek dink die
hoogste verwagting is om deel te wees van soveel moontlik goddelike intensies,
ja ek dink om een met God te wees is om deel te wees van sy intensies en nie
van ons eie poging tot oorlewing nie. Om God se intensies tot "een toestand/intensie" te
vereenvoudig is totaal nutteloos, want alles dui daarop dat God ook volmaakte
kreatiwiteit bedoel. Daarom dink ek dat ‘n gemeenskap van gelowiges behoort die
hoogste skoonheid na te streef in alles wat hulle aanpak in elke aspek van
hulle lewe.
Hoekom voel ek
dan dat die meeste mense met wie ek te doen het is "oorlewing" hulle primêre dryfveer?
Vader bring U
lewe, die lewe wat Christus uit die dood gebring het! Ek het dit nodig, die
mense rondom my het dit nodig. Aan U al die eer, skoonheid en heerlikheid tot in ewigheid!
[1] Ek is oortuig dat meeste Christelike herlewings was
juis waar mense, wat gebuk gegaan het onder die grootste druk vir oorlewing en
bestaan, ‘n kans gegee was om die lewe in Christus weer, of vir die eerste maal, te ontdek. Hier dink ek aan die Britse
herlewings wat tydens die eerste Industriële Rewolusie gebeur het, maar ek
onthou ook dat daar is ‘n baie goeie boek wat ek gelees het oor Kurt Koch se studie
van herlewing in Indonesië.
No comments:
Post a Comment