15 April 2013

Nuwe Christene uit die Ou Christendom.



Ek het nou net 'n uitnodiging gesien na 'n konferensie waar John Eldredge die spreker is.  Ek ken die ou van geen kant af nie, toe "Wikipedia" ek hom maar en vind uit dat hy deur Francis Schaeffer se werk gelei is tot waar hy vandag is.  Wat my hiervan opgewonde maak is gedagtes wat ek nou al 'n rukkie mee speel.

Dit gaan oor die "Nuwe Christene uit die Ou Christendom".  As ek na John Eldredge kyk dan lyk hy soos een van hulle.

Wat my eintlik fassineer is om te sien hoe akademia Christus weer as 'n sentrale tema van 'n rassionele wêreld beskouing begin plaas. (John Lennox is seker 'n "Ou Christen in die Ou Christendom.)  Hierdie tipe rassionele ondersoek sal kan voortleef as die mens sistematies deur die eienskappe van ons moderne wêreld werk.  In hierdie verband is ek seker dat selfs iemand soos David Deutsch, Thomas Nagel en vele kritiese denkers, is besig met hierdie soeke. Die dialoog moet net eenvoudig aangaan. Wat mooi is vir my, is die feit dat hulle 'n optimistiese gees aanwakker wat werklik die boosheid van ons tyd kan aanspreek.  As ek bekommerd wil wees oor moderne denkers se moontlik "onbekeerbaarheid" dan moet ek ook bekommerd wees oor die waarheid van Christus, en ek kan dit nie rasioneel regverdig nie. Wat ek wel kan doen is om God se koninkryk prakties te sien kom en te kyk hoe die Christendom verryk word uit die harte van "Nuwe & Ou Christene uit die Ou Christendom" en selfs uit die hart van enige opregte soeker na die waarheid.

Een van ons mooiste voorbeelde van hierdie "Nuwe Christene" is Clive Staples (C.S.) Lewis.  Dan is daar ook William Lane Craig.  Hulle altwee het Christus aangeneem terwyl hulle oorspronklik ateïste was.

Hoeveel gaan daar nog wees en hoe groot gaan hulle invloed wees?

Hoe raak dit my?
Ek kan verseker nie meer met onsekerheid leef oor Christus se boodskap nie.  Dit is vir my totaal irrelevant om oor myself en my eie plek in die heelal te wonder as ek nie kan oorweeg wat die heersende gees van die tyd van my verwag en wat Christus kom vestig het nie.  Die waarheid van Christus oorweldig en vestig die Liefde van God in alle fasette van ons bestaan.

Lys gerus nog "Ou en Nuwe Christene" se boeke wat vir julle baie beteken.  Dalk is daar selfs nie-Christene wat die waarheid van ons bestaan op 'n mooi manier ontbloot...

No comments: