13 April 2014

Sekulêre wêreld beskouing...

Die aard van 'n sekulêre wêreld se verhouding met geloofsgroepe is om te maak asof hulle oor dieselfde kam geskeer word(*).  As een geloofsgroep 'n bedreiging vir die sekulêre geloofsoortuiging word dan sal hulle in die media 'n sogenaamde "Reductio ad absurdum" argument maak deur die mees belaglike irrasionele geloofsoortuiging as ekwivalent aan die bedreiging te stel.  Dit is laakbaar!

Daarom daag ek die voorstanders van 'n sekulêre wêreld uit om hulle eie aansprake op kennis en die van enige geloofsgemeenskap te toets aan die rasionele werklikhede en nie aan absurde verwantskappe nie.

(*) Vir die wat bloot 'n Post Moderne wêreld voorstaan, omdat dit, in beginsel, alle oortuigings oor dieselfde kam skeer. Soos ek verstaan, beteken dit dat alle argumente/gedagtes/emosies buitendien vals en 'n illusie is, daarom hoef niemand dit ernstig op te neem nie. Maar as hulle enige ervaring wil erken moet hulle net eerlik wees en ook erken wat regtig die aard van die oortuiging is. Ek vermoed dat daar nie werklik iets soos 'n uitvoerbare Post Moderne lewensuitkyk is nie.

No comments: