29 May 2014

Net 'n simulasie?

Ek het op 'n DSTV program/advertensie gehoor dat daar is 'n ou met 'n humanistiese argument wat voorstel dat ons realiteit is noodwendig 'n simulasie wat veroorsaak word deur die gevorderde toestand van ons toekomstige self.

Dit is nie ver verwyderd van 'n soortgelyke argument wat ek al reeds gevorm het wat voorstel dat, as daar 'n oneindige verlede van oorsaaklikheid is dan moet daar reeds 'n alles omvattende toestand met al die eienskappe van God bestaan.  Deel van hierdie alles omvattende toestand is die toestand waar God se karakter alle teenstrydighede ophef en in hierdie geval ook die teenstrydighede wat in 'n oneidige verlede van oorsaaklikheid vervat word en daarom as die "uncaused Cause" bekend moet staan.

Hierdie argument van my is nie ver verwyderd van die "Ontological Argument", wat deur baie goeie denkers aanmekaar gesit is.  Hier is 'n skakel na die Wikipedia artiekel

No comments: