27 July 2015

Die Lied van Christus klink steeds helder!


Die Lied van Christus van alle tye af... Ek het 'n ruk gelede die wonderlike ervaring gehad waar ek die volheid van God raak gesien het in die totale verloop en samestelling van die heelal en ons ganse realiteit.  Dit was een van die mooiste ervarings wat ek nog ooit gehad het en het vir dae in my wese met helderheid bly leef. Dit is so wonderlik skoon en kragtig in die verklaring van liefde wat dit bevat dat ek nog gereeld daarna kyk en weer verwonderd is.  Vanoggend het ek die behoefte gehad om in die Woord te wandel met 'n soeke na skoonheid en insig en dit het toe presies so gebeur.  Ek was weer in totale verwondering oor die uitsigte oor die ganse skepping wat ek saam met Paulus op nuut kon ervaar het!

Loof God omdat Hy goed is en goed is sonder end...

In Kolossense 1 van vers 9 af beskryf Paulus die panoramiese realiteit van God se plan met die skepping en Christus se teenwoordigheid en betrokkenheid van alle tye tot alle tye.  Vir my kan dit eenvoudig nie anders as om die Lied van Christus self genoem te word nie.  Ek wonder wat Paulus dit sou genoem het? Kyk net wat word alles in hierdie prentjie wat Paulus gesien het ingebring, dit is nie sommer net ʼn lokale of geïsoleerde prentjie nie!

Kol 1:9 — Kol 1:23 (AFR53)
" 9  Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig, 10  sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om [Hom] in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei, 11  en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap, 12  en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig — 13  Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, 14  in wie ons die verlossing het deur sy bloed, [naamlik] die vergifnis van die sondes. 15  Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; 16  want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte — alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. 17  En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. 18  En Hy is die Hoof van die liggaam, [naamlik] die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees. 19  Want dit het [die Vader] behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon 20  en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis — [ek sê] deur Hom — die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele. 21  Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen 22  in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel; 23  as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie, wat julle gehoor het en wat verkondig is in die ganse mensdom onder die hemel, waarvan ek, Paulus, ’n dienaar geword het."

Hierdie wonderlike siening kan dit nie anders duidelik maak dat alles in die ganse skepping die teenwoordigheid en die boodskap van Christus gehoor het die aard van die boodskap ryk verby die absurde moderne en materialisties verwarring oor wat die konsepte “betekenis en bewussyn” nou werklik is.  Daar is geen onsekerheid by Paulus oor die boodskap en die ryk wydte van die boodskap nie. Dit wat ek van inligting en die heelal weet oortuig my van presies dieselfde werklikheid en teenwoordigheid van God in sy ganse skepping, altyd naby vir die wat na hom soek, altyd gereed om uit te red. Sonder skroom het Christus op presies die regte oomblik op presies die regte plek die volheid van sy liefde kom bewys om die oorwinning te bevestig, oor die boosheid van die mens en elke vrydenkende wese wat god geskape het, maak nie saak waar in die heelal hulle is nie.

Dit is daarom so dat geen onsekerheid behoort te bestaan in die hart wat Christus lief het en dien, dat die werk van die heersers van hierdie eeu nooit buite die ryk wydte van God se liefde sal tree nie en dat die oordeel wat net in Christus se hand is nie betwyfel kan word in ons onverdraagsaamheid teenoor die wat God haat en sy geregtigheid verag omdat hulle hulle eie geregtigheid wil vestig op 'n vloei van die natuur wat hulle aanbid in plaas van die Een wat dit gemaak het.  Daar behoort by ons geen vrees of bekommernis te wees oor die boosheid van ons tyd nie – Christus se plan is volkome en behels ‘n baie eenvoudige stel feite wat die evangelie fundamenteel en universeel beskryf.  Maak nie saak of dit buite ruimtelike wesens behels of nie... of watter vrydenkende wese ook al nie.  Hierdie feite lyk of dit vas staan en juis dit is waarna Paulus verwys in Kol.1:9-23.  Die fundamentele feite is baie moontlik:


  1. Die Eerste oorsaak, persoon, God self, het alles geskep wat buite God self staan.
  2. God het beeld draers geskep wat uit eie wil totaal gefaal het in ons plig om opsieners te wees wat in verhouding tot God en ander wesens en die skepping self staan.
  3. Die volkome herstel van hierdie ongehoorsaamhied en onvermoë van alle “opsieners oor God se skepping” is en kan net deur God self bewerkstellig word.

Hierdie insig is so universeel soos wat Paulus en ander Skrif dit ook beskryf en het so ‘n duidelike universele karakter dat dit getoets behoort te kan word aan data soos versamel oor die eeue en behoort daarom in die ganse mensdom se geskiedenis bespeur te word.  Die vrae wat deur die “mense van die vroegste geskrifte” reeds gevra was, het hierdie morele sienings oor die mens se toestand reeds bevat.  Ek is dankbaar teenoor ‘n kundige soos C. S. Lewis wat dit juis ondersoek het en beskryf het in "The abolition of man".

Die die eerste keer toe ek hierdie besef van ons posisie in Christus in konteks tot die ganse heelal gesien het, het ek dit soos volg beskryf:
“On a very personal note, meaning it is completely my own experience:

I can see the conditions in the pre-Planck epoch, (... as we describe it today with our best quantum models of the Big Band and Inflation Theories,) as exactly what should be expected if the All Powerful, All Knowing, God poured His perfect intentions into our total reality.  The complete flow of perfectly intentional (godly)open ended states getting ready to become us, as the first notes of the orchestra of life starts to play the full richness* of each experience that will ever be realised for an eternal future in God's presence...

*... "Full richness", includes reality exactly as it is experienced now... The song of love, pain, redemption, beauty, evil, progress and righteousness playing through time... It is called the Song of Christ.”

Na hierdie ervaring het ek ook saam met die gedagtes van William Dembski weer daarmee te doen gekry.  Dit is heeltemal akademies en tog kom dit op dieselfde neer en dit bevestig weer dat die aard van ons bestaan is in God se teenwoordigheid met sy liefde wat vloei uit die verhouding wat ons uit vryheid met Hom kan hê.  Hier is ‘n aanhaling van my ou opmerkings:

“"The Song of Christ"... Well reading a book by William Dembski" "Being as Communion" I realised that the synthesis I experienced in that comment […about the “Song of Christ”] has now been synthesized with some thoughts from this book! It is an amazing experience, I just wanted to share with you! The footnote even reference Dr. Craig's defence of free will in the light of this! (This is the kind of learning through becoming part of the harmony of new knowledge and insight flowing from other minds...)

From William Dembski's Being as Communion:

"Accordingly, even in a world that is causally closed and fully deterministic, God, by carefully arranging the world from the start, could achieve all intended effects, up to and including acts of particular providence that appear to require direct, real-time intervention (though, in fact, they have been “front-loaded”). Note that even a full-throated physical determinism need not obviate libertarian free will: God could have arranged the physical world to reflect the freely made choices of free agents that have physical bodies. 12

12 I’m assuming here a traditional theism that sees God as omniscient, where omniscience includes knowledge of future contingent events, and where such omniscience leaves a robust noncompatibilist human freedom intact. This view has been widely challenged but also ably defended. For such a defense, see William Lane Craig, “Divine Foreknowledge and Newcomb’s Paradox,” Philosophia 17 (1987): 331– 50, available online at http:// www.reasonablefaith.org/ divine-foreknowledge-and-newcombs-paradox (last accessed June 28, 2013)."”

Dit is dus vir my duidelik dat die gewaarwording wat daar is aangaande die “ou waarheid” wat Paulus weer vir ons bevestig het in Kolossense 1:9-23, ook gesien kan word in die baie moderne beskouings, soos die van William Dembski, as ook die van Dr. William Lane Craig.

Hoekom is hierdie siening belangrik? Ek dink dat dit belangrik is omdat dit weer die sintese van moderne kennis met die evangelie bevestig – kennis en die evangelie kan mekaar nie weerspreek nie – so as iets blyk om nie kennis te wees nie, dan sal dit ook nie met die evangelie strook nie.  Dit bevat al die nodige insig om te kan sien hoekom dit nie moontlik is om enige aspek van ons fisiese en bewustelike bestaan te gebruik om aansprake oor die egtheid van ons geloof te bevraagteken nie.

Ons geloof in Christus staan steeds baie sterk gegrond op alles wat mense vandag sekerheid oor het.
Daar word vandag meer en meer gesoek na een of ander fisiese realiteit wat sogenaamd die vermoë het om die waarheid van God se verhouding met ons te ondermyn.  Daar is eenvoudig nie ‘n geval waar so ‘n realiteit ontdek is nie en dit bly eintlik verbasend maklik om enige aanspraak te ontbloot vir die materialistiese en/of naturalistiese mistastings wat dit bevat.  Daar is gelukkig ook genoeg denkende en kundige ateïste wat ook besef het dat hulle sal moet weg tree van materialistiese en/of naturalistiese argumente om hulle posisie rasioneel te verdedig.  Die vakuum wat vir hulle oorbly is net so draaglik soos wat enige goddeloosheid draaglik kan wees, terwyl ek eintlik meer respek het vir nie-materialistiese en nie-naturalistiese ateïste, juis omdat hulle met opregtheid erken dat ons realiteit ‘n beskrywing nodig het wat bo die verloop van materiële en natuurlike toestande verhewe is.

Wat vir my oorbly is God se liefde...

God se liefde wat elke oomblik van elke moontlike ervaring tog die seël van sy volmaakte wil plaas op alles, ter selfde tyd beherend en toelatend – (“Beherend” omdat geen verloop van die natuur of enige bewustelike ervaring kan van self uniform en koherent gebeur of ervaar word nie. Toelatend, omdat die aard van ‘n vrydenkende bewussyn, soos ons menslike bewussyn en enige ander vrydenkende bewussyn wat daar mag wees, soos die van engele, kan, slegs met gesag wat van God self af kom, waarlik vrylik besluite neem.  D.w.s God het ‘n intensie gehad om ons ‘n vrye wil te gee.)

Hierdie gedagte bring my by ‘n laaste aspek wat tog behandel word in hierdie stuk.  Dit is die simmetrie wat daar is tussen God se beherende werking op die uniforme verloop van die natuur as ook die ganse realiteit en die gesag wat God aan sekere onafhanklike wesens gegee het.  Hierdie simmetrie is geleë in die feit dat “God is wat Hy is...” en alles buite Hom is eenvoudig nie God nie, slegs die werk van sy hande.  Dit is juis hierdie simmetrie wat die enigste ander unieke godsbeskouing naas die mono-Teïstiese Bybelse beskouing, naamlik die Hindu beskouing, ontbloot vir die rasionele verval wat panteïsme bevat – God is eenvoudig nie ook “sy hande werk” nie en sal altyd wees wat Hy is en sy hande werk sal altyd nie-god wees nie.  Dit is binne hierdie intensionele simmetrie wat ons vrye wil logies verdedigbaar bly. (Daar bestaan nie iets soos simmetrie, sonder intensie nie... Kyk maar self. Toestand A het niks met Toestand B te doen as daar nie intensie is nie.  Dit is beide panteïsme en materialisme en naturalisme se grootste gebrek, hulle verwerp intensie.)

No comments: