5 May 2011

Natuurlike Wet

Natuurlike Wet: Die waarde van die natuurlike wet in alle mense se harte.

Romans 2:14 14 Wanneer heidene, wat nie die wet het nie, tog vanself dinge doen wat die wet vereis, is hulle vir hulleself 'n wet al het hulle nie die wet nie.

Daar is vir my iets wat die mens in hierdie verband begin ontken het en Paulus spreek dit aan. Hy erken dat die boosheid van die mens se natuur nie dierlik is nie maar uit bewustelike ongehoorsaamheid aan die natuurlike wet van God kom.

Een van die grootste ongeregtigheid uit die hart van morele mense is die ontkenning van God se natuurlike wet in die harte van immorele mense. Dit is die verantwoordelikheid van enige beskawing om moraliteit as 'n universele waarheid te sien en uit te leef.

Die mens is so wonderlik onafhanlik in ons denke dat as ons onsself oortuig dat ons maar net diere is dan sal ons die ganse realiteit in hierdie gedagte indwing. Hierdie vermoeë om onsself teen die universele waarhede te stel maak die mens ongelooflik gevaarlik, maar dieselfde vermoeë kan ingespan word om die ganse realiteit van ons bestaan ongelooflik mooi en veilig te maak.


No comments: