28 September 2011

Spoed van lig praatjies...

Ek lees ook nou hiervan (die neutrino breek die spoed van lig vereiste) op BBC en wonder hoe dit gekom het dat die verloop van oorsaaklikheid soos ons dit altyd sien uitspeel - ('n fisiese oorsaak het 'n fisiese gevolg) - totaal aan die spoed van lig gekoppel geword het? Soos hulle dit nou laat klink moet ons aanvaar dat oorsaaklikheid nie meer in een rigting gaan loop nie, net oor die eksperiment wat hulle gedoen het.

My vraag aan hierdie slim fisici is; Wat bepaal dat die tempo waarteen gebeure in die fisiese wêreld plaasvind beperk behoort te word sodat oorsaaklikheid kan wees soos wat ons dit altyd ervaar om te wees? Dit is baie eenvoudig dat dinge kan op mekaar volg so vinnig as wat dit ook al wil.

Ek kan sien dat 'n materialistiese fisikus 'n noodsaaklike verwysingspunt soos die "spoed van lig limiet" het, maar as God is wie Hy sê hy is dan behoort dit voor die hand liggend te wees dat die spoed van lig nie 'n konstante hoef te wees nie. Hy is die een wat oorsaaklikheid bepaal en so volkome instand hou.

Vir my is hierdie eksperiment baie opwindend en ek glo dat die beste ding om daaruit te leer is dat die verwerping van die paradokse van "time travel" is nie die antwoord... Terwyl ons nou begin agterkom dat dinge word nie in orde gehou deur 'n "governor" soos die spoed van lig nie.Ek het 'n reeks van Stephen Hawking gekyk waar hy dit weer baie mooi beskryf dat dit nie moontlik is om terug te gaan in tyd nie. Ek stem met hom saam, terwyl ek hoop dat slim mense nie hulle kop gaan verloor as hulle uitvind dat die spoed van lig is nie heeltemal wat ons mense daarvan gemaak het nie. Net vir interessantheid dit is seker nou, na hierdie eksperiment, "meer logies" om te dink dat ons vorentoe in tyd sal kan beweeg ten opsigte van ander gebeure in iewers in die heelal. Daar is geen paradoks hierin nie en kan eintlik baie dinge in die heelal verduidelik.

Dit is een ding om met oorsaaklikheid te spot en te probeer dink hoe die paradox omseil kan word, maar die realiteit erken dat dit nie het nie. Enige fisiese gebeurtenis wat oorsaaklikheid weerspreek kan nie plaas vind nie want die gevolg sal fisiese realiteit tot 'n einde laat kom... het... Dit is baie veilig om te aanvaar dat as neutrinos vinniger as die spoed van lig beweeg dan is daar 'n ander entiteit wat die verloop van oorsaaklikheid en die verloop van tyd bepaal en nie die spoed van lig nie.

No comments: