6 October 2011

Vryheid...

Daar is 'n humanistiese siening van vryheid wat eintlik net gesien kan word binne 'n anti realistiese beskouing van die werklikheid en daarom sal ek die teenoorgestelde punt maak deur te sê:

Vryheid is net gegrond in 'n besef van die bestaan van 'n werklikheid buite myself.

Sonder hierdie besef is ek net 'n slaaf van myself, maar met hierdie besef is ek volkome vry om 'n observeerder te wees op enige manier waarop ek van iets bewus kan word.

Hierdie besef beteken dat 'n werklikheid buite myself bepaal grootliks wat ek gaan observeer. My inset in die werklikheid is beperk tot so 'n groot mate dat dit eintlik net sinvol is om my insette te gebruik om 'n beter observeerder te wees. Dit volg eintlik logies uit die oortuiging dat ek nie die oorsprong van realiteit is nie.

Daar is iets in hierdie ervaring van my vryheid wat my laat besef dat daar meer is aan die realiteit en my posisie as observeerder.

Volkome vryheid om te observeer het alles ingesluit wat ek kan ervaar.

So, ek is vry om die struktuur van alles te ervaar en te ontdek, insluitende die strukture wat kom van ander wat observeer soos wat ek observeer.

Die oorsprong van alles wat ervaar kan word moet 'n oorsprong hê. Die logiese posisie is om te aanvaar dat die oorsprong besluite kan neem tot die mate dat realiteit instand gehou kan word. Dit is dan duidelik dat:

God is die oorsprong van alle realiteit wat ervaar kan word.

Gebondenheid (...die teenoorgestelde van vryheid) is daarom eenvoudig die toestand wat ervaar word as 'n observeerder sy toestand misken en op hom/haar self ingekeer word.

Daar is 'n subtiele maar belangrike verskil tussen 'n observeerder en 'n "ervaarder". Dit het alles gedoen met die motivief.

Vryheid is wanneer jy nie deur ervarings selfverwesenliking soek nie,

Vryheid is om te ervaar ter wille van die bron en nie terwille van die self nie - dus net 'n observeerder.

Die strukture in die gedagtes wat ek hier uitdruk is vir my mooi vir wat dit is en nie vir die feit dat ek dit ontdek het nie. Ek behoort te weet dat dit God is wat gestand aan sy karakter is wat hierdie vryheid vir my gee.

No comments: