23 November 2015

Die mense rondom ons...



Wat doen ‘n mens as jy agterkom dat die meeste mense met wie jy te doen het se oorlewingsinstink is in werklikheid, willens en wetend, hulle primêre dryfveer? Dit is iets wat my bang maak, tot die mate dat ek myself kan sien in ‘n toestand van oorlewings gedrewe instinkte.  Ek kan sien hoe die beste en mooiste gedagtes uit my wese verban word ter wille van oorlewing – dit is nie mooi nie en ook nie bedoel vir ‘n volgeling van Christus nie. Wat doen ‘n mens om te help dat ander mense ook die hoogste verwagtings primêr stel?[1]  Wat is die hoogste verwagting?

Ek dink die hoogste verwagting is om deel te wees van soveel moontlik goddelike intensies, ja ek dink om een met God te wees is om deel te wees van sy intensies en nie van ons eie poging tot oorlewing nie. Om God se intensies tot "een toestand/intensie" te vereenvoudig is totaal nutteloos, want alles dui daarop dat God ook volmaakte kreatiwiteit bedoel. Daarom dink ek dat ‘n gemeenskap van gelowiges behoort die hoogste skoonheid na te streef in alles wat hulle aanpak in elke aspek van hulle lewe.

Hoekom voel ek dan dat die meeste mense met wie ek te doen het is "oorlewing" hulle primêre dryfveer?

Vader bring U lewe, die lewe wat Christus uit die dood gebring het! Ek het dit nodig, die mense rondom my het dit nodig. Aan U al die eer, skoonheid en heerlikheid tot in ewigheid!



[1] Ek is oortuig dat meeste Christelike herlewings was juis waar mense, wat gebuk gegaan het onder die grootste druk vir oorlewing en bestaan, ‘n kans gegee was om die lewe in Christus weer, of vir die eerste maal, te ontdek.  Hier dink ek aan die Britse herlewings wat tydens die eerste Industriële Rewolusie gebeur het, maar ek onthou ook dat daar is ‘n baie goeie boek wat ek gelees het oor Kurt Koch se studie van herlewing in Indonesië.

No comments: