22 April 2015

Kritiese denke?


Hoe gebeur dit dat die geskiedenis vir ons wys dat die mensdom op individuele, groep en globale vlak, dit nog altyd reg kry om dinge totaal verkeerd te beskryf of te verklaar?  Ek luister op die oomblik na 'n kurses oor "kritiese denke" en dit is vir my duidelik dat selfs die fundamentele oortuigings wat in die kurses uitgespreek word nie eens kritiese evaluering sal oorleef nie, en dit terwyl die "gees van onkritiese denke" aangeval word! Ek kan 'n lys van redes noem maar die belangrikste om te weet is dat hierdie kurses se fundamentele uitgangspunt nie die oorweging van die beste denkers in die veld kan oorleef nie, en tog word 'n kurses oor kritiese denke van uit 'n materialistiese filosofie aangebied!
Die getal denkers wat ek aan dink is besig om vinnig te groei maar ek dink hierdie lys name kan as 'n goeie basis vir goeie kritiek teen materialisme en "mind - body/brain reductionism" dien... C.S. Lewis, Thomas Nagel, Alvin Plantinga, Jerry Fodor, David Deutsch, William Dembski and Richard Swinburne.
Daar is vir my beswaarlik 'n grooter teenstrydigheid as die stelling "Materialistiese en/of naturalistiese kritiese denke"... Die twee konsepte kom eenvoudig nie by mekaar uit nie!  Al hoekom akademici dalk hierdie terme saam gebruik is omdat hulle, lyk vir my, nie die moeite doen om hulle eie terme krities te beskryf nie. Dalk beskryf hulle dit polities korrek, maar verseker nie logies korrek nie. Mag ons die genade van God ervaar om in ons leeftyd te sien dat hierdie kritiese mistasting van die afgelope 3 eeue van die mens se geskiedenis in ons leeftyd reg gestel sal word.
Dit is nie maar "ook OK" as ons voortgaan met idees wat nie die werklikheid akkuraat, of so akkuraat moontlik, beskryf nie. Oorloƫ en hongersnood en hartseer en hopeloosheid vloei uit fundamentele verkeerde beskrywings van ons realiteit... Dit is "NIE OK" nie!
Lees gerus die huidige werke van die skrywers wat ek gelys het, hulle kom uit verskillende hoeke op dieselfde slotsom af.

No comments: