18 May 2015

Wat ons verryk...


Almagtige God wat die skoonheid van die wêreld nie net in die hart van die mens gesit het nie maar dit op elke toestand van die natuur ook geskryf het.  Die volmaakte intensies van U wese wat eenvoudig uitsing tot eer van U Liefde ...Wat ons verryk soos die son wat nou hier deur my venster in stroom!  Die verwondering waarmee ek kan kyk na alles wat U beplan as ek maar net probeer ervaar wie U is en wonder oor hoe die hart van die mens saam met al die “betekenisgewende” wesens uitroep tot U.  

Dankie dat ek hierdie saam wees kan voel, 
al verstaan ek so min,  
is ek werklik bly dat ek maar net kan aanhou uitsing wat ek sien en ervaar, 
sonder om regtig bang te wees of ek dinge reg sien, 
kan ek maar net op U vertrou om my geregtigheid, my regte oë, 
in te stel op wat U is.


Dankie dat ek vir ‘n ewigheid kan soek na U, en weet dat ek nooit by die volheid van U wese sal kom nie, maar dat ek tog in U mag bly, omdat U my lief het! God het my lief en Christus is die enigste bewys wat ek nodig het om dit volkome in my wese te weet!

No comments: