3 March 2016

Hoekom verwag ek wonderwerke?


Hoekom verwag ek wonderwerke en hoekom beïnvloed ek waar ek kan om dit te laat gebeur?  Die gebed in my hart is al vir die afgelope 3 jaar dat ek deel kan word van ‘n grootskaalse beweging wat in hoofsaak oorvloed energie ten doel het. Na 3 jaar kan ek met ‘n mate van sekerheid erken dat my droom deur baie toetse gegaan het en steeds uitstyg as ‘n goeie droom. Na 3 jaar maak my droom my steeds bang en opgewonde op dieselfde tyd, bloot omdat dit “heeltemal te optimisties” is in ‘n wêreld wat bang vir energie en vooruitgang geword het.

My droom en oortuiging:

Ek is en was nog nooit die enigste een wat oorvloed energie bevorder nie.

Van die rykste en mees invloedryke mense in die wêreld besef die belangrikheid van ‘n oorvloed energie.

Van die invloedrykste lande in die moderne era is ook intens bewus van die belangrikheid van ‘n oorvloed energie.

Daar is al hoe meer geld wat geïnvesteer word in energie innovasie.

Die sienings van meningsvormers raak al hoe meer gefokus op die kritiese belang van oorvloed energie as ‘n fundamentele hulpbron vir vooruitgang en voortbestaan van ons biosfeer.

Ek bevorder ook grootskaalse innovasie vir die volhoubare gebruik van ‘n oorvloed energie en is gekant teen innovasie wat gefokus is op blote oorlewing in ‘n energie arm toekoms.
o Let tog daarop dat hierdie doelwit nie teenstrydig is met geoptimeerde energie gebruik nie...

o Dit sal heel moontlik gebeur dat daar ‘n vorm van energie spandabelrigheid mag pos vat, maar die slegte effekte van so ‘n energie spandabelrigheid kan teengewerk word deur ‘n natuurlike teenwig wat al reeds te sien is in die mens se behoefte aan en gebruik van “inligting en ervarings” i.p.v “goed”.

Ek bevorder oorvloed energie as die oplossing vir nuwe era volhoubare/verantwoordelike hulpbron ontginning op aarde en verkieslik in die ruimte – sodat die aarde net as ‘n biosfeer beskerm kan word en op so ‘n manier die menslike ervaring van gemeenskap, die natuur en lewe te optimeer.

Ek bevraagteken bestaande ekonomiese modelle en soek na ekonomiese modelle wat die waarde van oorvloed energie sal ontbloot en hoofstroom maak.

Ek bevorder die idee dat die geglobaliseerde wêreld dringend “nuwe wêrelde” moet ontdek waar geleenthede oorvloedig is vir almal met aspirasies, sonder om die aarde as ‘n biosfeer skade te doen...
o Hierdie “nuwe wêrelde” kan op sy beurt net suksesvol ontdek en ontgin word as daar oorvloed volhoubare energie is.

Dit is my oortuiging dat as die mens se verbeelding aangegryp word deur die moontlikheid om grootskaals vooruit te gaan – na nuwe horisonne van ontdekking en voorspoed – sal al die nodige kennis en sisteme deur daardie oortuiging gekataliseer word.
o Die vooruitgang sal verseker beide goeie en slegte gevolge hê, soos wat alle menslike aktiwiteit maar sal hê tot en met Christus se wederkoms.

Ek bevorder die idee dat, ongeag die oorsprong van die veranderende klimaat uitdagings waaraan die mensdom blootgestel is, sal aard verwarming / ”grootskaalse klimaatsveranderings” net suksesvol die hoof gebied kan word as ons ‘n oorvloed energie beskikbaar het om grootskaalse herstel, bewaar en opheffings inisiatiewe te loots.

Wie is ek:

Op my persoonlike blog het ek al jare gelede hierdie beskouing gekies om myself te beskryf:
o I think...

o A worthwhile journey is one of keen awareness of all experiences in an awe-inspiring universe - created by an absolutely loving Creator!

o A journey that is not dependent on my knowledge of good and evil but on Christ's absolute goodness is truly worthwhile.

o Yes, I think the modern commitment to post-modern mumbo jumbo only make sense if you are on a journey of godless self-indulgence - ...and this in itself is wonderfully strange to explore, just like any thought.

Ek het onlangs “Eskom en die Suid Afrikaanse elektrisiteit geskiedenis” bestudeer en ‘n artikel in hierdie verband geskryf vir ‘n Nederlandse publikasie oor Suid Afrikaanse sake.

Ek het ook ‘n alternatiewe energie gids saamgestel, vir ‘n landswye gemeenskapsorganisasie, juis om ons land se mense energie bewus te maak in ons huidige “energie arm” land.  Die doel was om te help verseker dat daar eerder energie vir ontwikkeling beskikbaar is terwyl persoonlike gebruik geoptimeer word met die doel om  ‘n verbeterende lewenstandaard te handhaaf met minder energie vermorsing.

Ek is gekwalifiseer en spesialiseer in die bestuur van ingenieurs- en inligting projekte – van ontwerp fase tot inbedryfstelling van ingenieurs en inligting sisteme.

Ek het kern reaktor ontwerp deur ‘n MOOC (Massive Open Online Course) bestudeer

Ek bestudeer steeds moderne reaktor ontwerpe.

Ek het logika en filosofie in diepte bestudeer as deel van my ondersoek na die geldigheid van my geloof in Christus Jesus.

Ek bid, werk en wag geduldig vir die volgende geleentheid wat God my sal gee om hierdie droom en oortuiging ‘n werklikheid te maak.

No comments: