7 March 2016

Papier mure...



Hoe kan die goeie gees in ons so vinnig net weg raak? Die goeie gees in ons is die een wat op die Here wag en sy vertroue op God plaas.  Want die enigste ware gedagtes wat ons eintlik kan hê of uit kies is die gedagtes wat God reeds uitgegee het.  Dit is nie werklik problematies nie want dit beteken eenvoudig dat ons kan rondloop in God se ewige bron van volmaakte idees en uitkies wat ons nou kan aanraak.[1] Die skoonheid wat ons kan ervaar is die eenheid van menswees in ‘n volmaakte skepping en die wonder van mens wees in ons eenheid met God.[2]

Dit wat ons ongelukkig maak is die verlies aan eenheid met God se idees en gedagtes oor wie Hy is en hoe Hy elke oomblik met liefde kan vul. Selfs die seerste menslike hartseer wat uit boosheid en onvolmaaktheid vloei is dalk net soos 'n papier muur waardeur gebreek kan word om weer in die volmaakte realiteit van goddelike gedagtes en ervarings in te beweeg. Mense wat in boosheid en hartseer leef is daarom nooit meer ware gevangenis van hulle mure rondom hulle nie. Ons is bloot gevangenis van ons sinne wat nie deur die papier muur van sonde kan breek nie.

 Ons kan nou deur die papier muur breek wat ons ongelukkig oor alles gemaak het... "Oor alles" want die papier muur is regtig insluitend van ons totale ervaring en dit sluit alles wat ons sien en oor dink tot en met die punt wat ons deur dit breek, of tot ons dalk net teen die papier muur tik en besef dat God se oorwinning oor alle sonde die "ondeurdringbare muur" van sonde tot 'n papier muur vir altyd kom afbreek het. Ons moet erken dat om deur 'n ondeurdringbare muur te kom soos wat 'n mens deur 'n papier muur kom is suiwer God se genade werk. Dankie Here my Verlosser en Saligmaker!

Daarom het ons ons gedagtes en is een met God... Wat kan ons meer verwag? Die grootsheid van hierdie wêreld kan 'n mens met baie min los. "Baie min" want dit laat jou nooit toe om regtig aan iets te vat nie want dit is net prentjies op papier mure rondom ons. God is die volmaakte en ewige werklikheid agter die papier mure van ons sonde... Ons kan nou elke dag deur die papier mure van sonde breek!





[1] God is logies gesproke die bron van alle en die enigste volmaakte realiteit en in Christus glo ons met sekerheid dat Hy ons deel van hierdie alles insluitende volmaakte realiteit maak.
[2] Die Evangelie van Johannes Hoofstuk 17 maak ons eenheid met God in Christus baie duidelik.

No comments: